Die skok veroorsaak
Dat ek jou skielike skuld erkenning in asem
En agter my tande betrap
En tussen my wange vasvang
Ek het mos vroeg geleer
Om die tekens te ignoreer
En jou leuens te glo
Ek was vir te lank geneig
Om an jou valsheid soos ‘n stokkielekker te suig
Jou bloeiende, blootstellende geheim
Begin teen my tong en my tande vas te roes
So taai soos toffie, bitter soos moerkoffie
Bind dit my antwoord an my verhemelte vas
Die spoeg op my lippe
Is besmet met jou verraad
En jou patetiese verskonings
Van “so jammer” en “te min praat”
Terwyl jy ‘n tree terug trap
En voor jy my oë kan vergeet
Vat ek ‘n laaste hap
Ek sluk ons geskiedenis in
Met my kop tussen my knee
En die smaak van gal in my keel
Val die naarheid my oor
My braking onderbreek die stilte
En die teerpad word verkleur
Met ons verrotende liefde
Be First to Comment