Droog en skaamteloos soos ‘n woestyn
Het ek geraamteloos verdwyn
Agter jou albaster oë.
Ek kon sien
Waar die holte en die oorloop
Van ‘n leeftyd se hoop en verlang
Jou vas vang.
En so raak ek toe verlore
Tussen die miriade woorde
Wat jy nie verby
Jou lippe kan kry.
Be First to Comment