Ek het ons storie geskryf
Met ‘n lem op my lyf
Die son was te helder daai dag
Vir my hartklop om langer vir joune te wag.
Ek het die mes soos ‘n kwas vas gehou
En diep snye geskilder – ‘n van Gogh vir jou.
Ons verhaal het verskyn
Op my vel – lyn by lyn
En dit was helder – so rooi, so vol lewe daai pyn
Ek was seker dat die seer in my siel sal verdwyn.
Die letters van jou naam
Het bebloede kuns geword
Op al my breekbare vlaktes.
Soos ‘n straatbrak het ek jou vertrou
Waar is jy nou?
Hoe waar is jy nou?
Daai dag het die son so helder geskyn
En daar was net te veel kleur in ons samesyn
Ek het jou les diep in my spiere gekerf
En my lyf met jou lou-warm liefde geverf.
WOW, verskriklik mooi geskryf! Kan 100% met jou identifiseer.